Local newsNews

SAVF Heidelberg het hul nuwe diensbestuur tydens hul Algemene Jaarvergadering verkies.

SAVF Heidelberg kyk terug oor jaar se hoogtepunte, uitdagings.

Werkers, vrywilligers en ander belangstellendes het die vergadering by die Ou Tronk in Jordaanstraat op 13 September bygewoon.

Sake onder bespreking was die opdrag dat Heidelberg kantoor verplig was om in drie afsonderlike bestuurspanne op te deel naamlik die Heidelberg kantoor, Heidelberg Dagsorg Werkende Handjies en Vaal Marina se Mamello Drop-in-Centre.

SAVF Heidelberg het verskeie projekte die afgelope jaar voltooi soos die herstel van Mamello Drop-in-Centre se gebou na ‘n brand deur stakers dit gebrand het, psigometriese toetse aan leerders van Ratanda, ‘n potjiekosdag in Nigel vir honger magies, Tekkie Taks-dag, ‘n derdeplek vir SAVF se vlot by die Unity Parade 2018, historiese pretdraf deur Heidelberg en ‘n redelike suksesvolle gholfdag.

 

Sunè van der Merwe, Ansie le Grange, Heleen Pistorius, Rentia Pistorius en Engela Hinds is die nuutverkose diensbestuur vir Sosiale Diense van SAVF Heidelberg vir 2019. Hulle is tydens die Algemene Jaarvergadering verkies.

SAVF Heidelberg het tydens die vergadering sertifikate as blyke van waardering vir besondere diens aan Wayne de Agrella, Frans Mogale en LCS groep vir hul harde werk en betrokkenheid die afgelope jaar oorhandig.

Rentia Kotzé (tesourier) het hierna die finansiële verslae bespreek. Aangesien SAVF Heidelberg ‘n geregistreerde nie-regeringsorganisasie is, is dit belangrik dat fondse wat verdien is, goed aangewend word. Die Departement van Sosiale Dienste subsideer ‘n gedeelte van die uitgawes, waarna die res van fondse deur projekte of donasies ingesamel word. Kotzé is tevrede met die aanwending van fondse, maar die insameling daarvan bly ‘n uitdaging.

Die nuwe diensbestuur vir Sosiale Dienste is verkies as Sunè van der Merwe, Ansie le Grange, Heleen Pistorius, Rentia Pistorius en Engela Hinds. Die nuwe diensbestuur vir SAVF Heidelberg se dagsorg  is verkies as Amanda Neuhof, Evert Pistorius, Welcome Mkhabela, Susan Swanepoel, Suzaan Basson, Ada Rautenbach, Anri Kleynhans, Rina Grobler en Steven Nel wat betrokke met  die bestuur van Werkende Handjies en Klein Duimpies kleuterskole sal wees.

Die SAVF is ‘n nie-winsgewende organisasie wat professionele welsynsdienste in gemeenskappe dwarsoor die land lewer. Belangstellendes wat as vrywilligers by SAVF Heidelberg wil aansluit, kan Elmien by 082 976 4486 skakel.

 

Amanda Neuhof, Evert Pistorius, Welcome Mkhabela, Susan Swanepoel, Suzaan Basson, Ada Rautenbach, Anri Kleynhans (Rina Grobler en Steven Nel afwesig) is tot die nuwe diensbestuur vir SAVF Heidelberg se dagsorg verkies en sal betrokke met die bestuur van Werkende Handjies en Klein Duimpies kleuterskole wees.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button