CrimeNews

Rensburg 30-jarige in maag geskiet deur vermeende inbreker

Hy het deur ‘n vermeende inbreker wat in sy huis se dak geskuil het, geskiet is.

Jabu Maseko, ‘n 30-Jarige inwoner van Zuidstraat, Rensburg gewond is. Hy het deur ‘n vermeende inbreker wat in sy huis se dak geskuil het, geskiet is.

Volgens Heidelberg SAPD waarnemende polisiewoordvoerder Kapt Madeleine von Wielligh, het die skietvoorval omstreeks 02:45 op 12 September plaasgevind.

Die slagoffer het glo opgelet dat die inspeksiegat in sy huis se plafon oop is en by nadere ondersoek het iemand ‘n skoot vanuit die dak op hom afgevuur. Hy is in die maag getref en die verdagte het te voet gevlug.

Polisie is na die huis ontbied en nadat die man op die toneel behandel is, is hy na Heidelberg Hospitaal gehaas.

HERAUT het op 13 September verneem dat hy ‘n ernstige maagwond opgedoen het en tans in die intensentiewesorg eenheid aansterk. Hy was ten tye van die skietvoorval alleen en niemand anders is beseer nie.

Die motief vir die skietery is nie bekend nie. Polisie ondersoek ‘n saak van poging tot roof, nadat twee patroondoppies op die toneel gevind is. Die verdagte het vermoedelik toegang tot die huis vekry nadat hy die motorhuisdeur oop forseer het.

Related Articles

Back to top button