Heidelberg Born2Care hulp nuwe mammas met hul babas

Hul model is gebou op drie bene: berading, inligtingverskaffing en dan ‘n winkel waar mammas babagoedere vir punte kan verruil.

Born2Care is ‘n organisasie wat ondersteuning bied aan toekomstige en nuwe mammas met hul babas.

Hul model is gebou op drie bene: berading, inligtingverskaffing en dan ‘n winkel waar mammas babagoedere vir punte kan verruil.

Hulle gee berading vir swanger vroue wat ‘n aborsie oorweeg, bied ondersteuning vir nuwe mammas en verskaf ook berading vir vroue na aborsies ondergaan is.
Die emosionele skok wat aborsies meebring word dikwels onderskat, daarom verskaf Born2Care inligting sodat verwagtende vroue ‘n ingeligte besluit kan maak.

Indien daar besluit word om voort te gaan met die swangerskap, bied Born2Care ondersteuning deur verskeie ouerskapklasse aan te bied.
Hulle bied ook neonatale klasse aan om mammas beter voor te berei vir die koms van die baba.

Met Born2Care se babawinkel voosien hulle die mammas met babaklere en babaprodukte.
Mammas kan egter net die babagoed koop met punte wat verkry word deur die inligtingsklasse by te woon.
Die punte is gebaseer op ‘n punt-vir-rand sisteem, dus is die winkel kontantloos.

Vir Lor Nkala met Ketsia Matondo en Elizabeth Mukozho met Prosper Tinotenda bied Born2Care ‘n onontbeerlike diens. Hulle ontvang inligting oor ouerskap en kan hul babas versorg met produkte uit die babawinkel.

Hulle het ook ‘n doekesak-projek waar hulle nuwe mammas van ‘n doekesak voorsien met alles wat sy gaan nodig hê vir die nuweling se aankoms.

Die organisasie kry skenkings van die publiek om hul babawinkel te Jacobsstraat 40 aan te vul.

Die winkel is Dinsdae van 10:00 tot 12:00, Woensdae van 10:00 tot 13:00 oop en Donderdae die groep  klaar is met die klasse.

Born2Care is ‘n liefdestaak vir Henda Bonsma en Liz-Marie Britz en hulle verskaf  ‘n onontbeerlike diens aan die gemeenskap deur die projek.

Vir meer inligting omtrent Born2Care, skakel Henda by 082 725 7777

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version