Karatekas presteer tydens Afrika kampioenskappe

Sewe van die 11 karatekas het medaljes gewen en onder die top drie in Afrika geëindig.

Karatekas van Sensei Bernard Karate Dojo’s het tydens die JKA Afrika Beker Kampioenskappe goed gevaar.

Sewe van die 11 karatekas het medaljes gewen en onder die top drie in Afrika geëindig.

Die kampioenskappe is op 1 September by Ellispark binnenshuise arena aangebied.

Medaljes is gewen deur:

Lizel Rautenbach: goue medalje in kata en kumite
Ruben Venter: goue medalje in kata
Ivan Lombard: silwer medalje in kata
Rico Lombard: silwer medalje in kumite en brons medalje in kata
Estian Cronjé: brons in kumite
Adriaan Pieters: brons medalje in kumite
Chriselda Viljoen: brons in kata en kumite

Chanel Damon, Almaro de Villiers, Caty-Ann Walker en Wesley Cerva het in die top agt van hulle afdelings geëindig.

Die volgende karatekas het medaljes verwerf tydens die JKA Afrika beker kampioenskappe voor: Rico Lombard, Ruben Venter, Chriselda Viljoen en Lizel Rautenbach agter: Adriaan Pieters, Estian Cronje en Ivan Lombard.

Die wêreldhoof van JKA, Shihan Masaaki Ueki (negende dan) en Afrika koördineerder Sensei Koichiro Okuma (sesde dan) het twee oefensessies vir Suid-Afrikaanse instrukteurs en karatekas aangebied om hulle op hoogte te bring van top tegnieke en toepassing daarvan in selfverdedigingsituasies.

Sensei Raubenheimer het ná die sessies persoonlik meer bemagtig gevoel en is geïnspireer om sy klubs na hoër hoogtes te lei.

Die Japannese instrukteurs het die swartgordel graderings van eerste tot sewende dan, internasionale kwalifikasie eksamens en praktiese eksamens geëvalueer.

Hier is Sensei Raubenheimer saam met Carmen de Jager en Almaro de Villiers wat internasionale kwalifikasies tydens die JKA Afrika beker kampioenskappe verwerf het.

Met die swartgordel gradering verwerf Karen Raubenheimer haar Sandan (derde swartgordel) en Estian Cronje en Ivan Lombard verwerf hul Shodan (eerste swartgordel).

Dit is 100% slaagsyfer en besonder goed vir die drie van Sensei Raubenheimer se klubs.

Sensei Raubenheimer, Almaro de Villiers en Carmen de Jager het ook hul skriftelike internasionale kwalifikasie eksamens met lof geslaag.

Met die praktiese eksamens voor die Japannese instrukteurs verwerf Almaro sy D-kwalifikasie as instrukteur en skeidsregter, Carmen verwerf haar D-kwalifikasie as instrukteur en Sensei Bernard verwerf sy B-instrukteur kwalifikasie.

Sensei Raubenheimer het sy A-instrukteur kwalifikasie geslaag en is in die internasionale elite skeidsregter paneel opgeneem.
Hy sal deel van die 2020 skeidregterspaneel tydens die wêreldkampioenskappe wees.  Hy is weer as SAJKA se hoofskeidsregter deur Suid-Afrika en Japan aangestel.

Sensei Raubenheimer poog om slegs topgehalte tradisionele en sport karate af te rig.

Belangstellendes in Heidelberg, Nigel of Balfour kan hom by 083 489 8231 skakel.

Volg ons:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version