REVUE-sangertjie gaan “viral!”

Joshua Zeirvogel (8) het sosiale media aan die gons nadat hy onlangs in Lefra Produksies se REVUE 2018 opgetree het as deel van Laerskool van Riebeeckpark se revue, RIEBIES DINER.  Hierdie revue was die enigste junior revue wat deurgedring het na die finale afdeling van REVUE op 12 September 2018 by Carnival City se Big …

Joshua Zeirvogel (8) het sosiale media aan die gons nadat hy onlangs in Lefra Produksies se REVUE 2018 opgetree het as deel van Laerskool van Riebeeckpark se revue, RIEBIES DINER.  Hierdie revue was die enigste junior revue wat deurgedring het na die finale afdeling van REVUE op 12 September 2018 by Carnival City se Big Top Arena.  Die ander laerskole wat deurgedring het na die Finaal is Laerskool Baanbreker van Boksburg, Laerskool Hennopspark van Pretoria en Laerskool Vastrap van Rustenburg.  Die beoordelaars was Lizz Meiring, Duane Williams en Helene Bester.

 

Frans Swart, regisseur van REVUE! het bloot toevallig een aand ‘n videogreep van klein Joshua se optrede op Facebook geplaas met die inskrywing: “Die enetjie het die show gesteel vanaand.  Te blerrie cute!”  Binne ‘n dag het meer as 50 000 mense die video gesien en het dit vining begin aanstuur.  Tans het meer as 341 000 mense na klein Joshua se optrede gekyk.  Swart sê is eintlik nie te verbaas nie.

 

“Ek is al 40 jaar in die vermaakbedryf en talent soos Joshua spring dadelik na mens toe uit.  Toe ek die mannetjie sien sing, dans en optree, het ek onmiddellik besef dat hier ‘n nuwe ster in Suid-Afrika gebore word.  Natuurlik is mens altyd baie verbaas as die publiek skielik so reageer en dan besef jy ook dat jou oordeelsvermoë jou ook nie in die steek gelaat het nie.  ‘n Mens moet hom op die verhoog beleef om werklik sy talent te kan waardeer.”

 

Joshua se ouers, Marna en Allan Ziervogel, meen hy moet net normal groot word en moet net die oulike seuntjie bly wat hy is.  “Joshua het verlede jaar in Laerskool Van Riebeeckpark se koor begin sing.  Vanjaar is hy vir die revue gekies en dis waar alles begin het,” sê Marna.  “Dis ‘n baie interessante tyd in ons lewe. Ons is nie baie groot op sosiale media nie en baie van ons ou vriende het weer kontak gemaak en ons vertel wat in ons eie kind se lewe aangaan.  Ons almal het in kore gesing, maar nie een van ons is sulke “performers” soos Joshua nie.  Hy het ‘n ouer boetie, Mitchel (19) en ouer sussie, Tneill (21).  Tneill is sy grootste aanhanger.  Ons gesels tans met Lefra Produksies oor ‘n moontlike bestuurskontrak vir Joshua en sal maar sien hoe dinge ontwikkel vir hom.  Vir nou moet hy egter net sy sang genie ten seuntjie bly,” sê Marna.

 

Die groot Finale Afdeling waar die wenners aangewys gaan word, word op 12 September 2018 in die Big Top Arena van Carnival City aangebied en begin om 18:00.  Vier finaliste in die Laerskole Afdeling en vier finaliste in die Hoërskole Afdeling sal meeding om die titel van Algehele Wenner van REVUE 2018.  Kaartjies vir die Finale kan by elke individuele skool bespreek word of ook by Computicket 0861 915 8000.  Meer inligting by www.revues.co.za  REVUE 2018 word aangebied met die vriendelike samewerking van Carnival City, Stuttaford van Lines, RSG, Hollywood Costumes en Sounds Good.

 

Die finaliste in die Laerskole Afdeling is:

 

Die finaliste in die Hoërskole Afdeling is:

 

Tydens die finale word daar ‘n wenner in die Laerskole- sowel as die Hoërskole Afdelings aangewys.  Hierdie twee wenskole ding dan met mekaar mee vir die prys as Algehele Wenner van REVUE 2018!  Skole kan kontantpryse van meer as R36 000 wen.  Die organiseerders van die wen-laerskool en wen-hoërskool wen ook ‘n vaart op Lefra Produksies en RSG se Oppiwater Kunstefees wat van 15-19 April aanboord die MSC Musica aangebied word.  Die algehele wenner wen ook een van Lefra se uitstekende produksies waarmee die skool fondse kan insamel.

 

Vanjaar se beoordelaars is Lizz Meiring, Helene Bester en Duane Williams.  Die aanbieder is Sue Pyler en die regisseur Frans Swart.

 

REVUE 2019 sal weer volgende jaar in Augustus en September by Carnival City aangebied word.  Om in te skryf, of om inligting te bekom, skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com  Alle inligting verskyn by www.revues.co.za

 

 

 

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version