September is Boomplantmaand

Elke jaar aan die begin van September wanneer die bome begin bot, word ons herinner aan hoe besonders bome is en daar word 'n boom van die jaar gekies.

Geelhout (waarvan voortreflike meubels gemaak word) was die vanselfsprekende keuse toe daar op ’n nasionale boom vir Suid-Afrika besluit moes word en in 1976 is die Geelhout as nasionale boom verklaar.

 
Hoewel daar redelik wyd aanvaar word dat dit na die opregte Geelhout verwys, is daar geen bewyse dat die ander plaaslike Geelhoutsoorte spesifiek uitgesluit is nie.  Al vier Geelhoutspesies is as beskermde bome verklaar, wat beteken hierdie bome mag nie sonder ? lisensie gekap of beskadig word nie. Hierdie bome word beskerm omdat hulle waardevolle hout het wat tot houtontginning kan lei, en ook omdat hulle sleutelspesies is wat ’n belangrike ekologiese rol vervul.

 
Geelhoutbome groei oor ’n breë gebied, van die Soutpansberge en Blouberge van Limpompo suidwaarts deur die klowe van die Drakensberge en teen die Suid-Afrikaanse suidkus langs tot op Tafelberg in die Kaap. Volgens plaaslike tuinboukundige Georg Fritz, aard die Geelhoutboom goed in Heidelberg en omgewing en hoewel dit as ’n stadige groeier beskou word, bly dit ’n manjifieke boom met ’n massiewe, reguit stam en wyduitgestrekte kroon.

 
Fritz beveel egter die Wilde Olyfboom oftewel Olienhoutboom aan. Die olienhout of wilde olyfboom is in die familie Oleaceae en die rang is Lamiales. Dit is ‘n uitsonderlike boom wat ‘n mooi vorm ook het. Botaniste beskou die wilde olyfboom as verwant aan die gewone olyfboom wat aan ons bekend is vir die heerlike olywe in slaai en ook olyfolie. Die olyfboom wat ons ken vir die vrugte en olie se botaniese naam is Olea europaea. Hierdie is ‘n heerlike skaduboom wat groot en hoog groei en digte takke en blare dra.

 
Nog ‘n uitstekende keuse vir Boomplantmaand, is die Pekanneutboom. Volgs Fritz bied die boom nie net goeie koelte nie, maar dien ook as nuttige neutprodusent vir huishoudelike gebruik. Met die toename in internasionale gesondheidsbewustheid, het die verbruik en gebruik van neute ook in Suid-Afrika toegeneem en skep deesdae groot moontlikhede vir ekonomiese ontwikkeling en uitbreiding.

 
Vyf redes waarom bome belangrik is
1. Bome help reguleer ons klimaat en beveg klimaatsverandering
Bome dien as isolasie vir die planeet en help om konsekwente temperature te handhaaf. Tropiese woude is van die grootste koolstofputte (’n natuurlike of kunsmatige reservoir wat meer koolstof absorbeer as wat die vrystel) op aarde – dit berg sowat 2,8 miljard ton koolstof per jaar. Wanneer bome afgekap word, word die koolstofdioksied nie net in die lug vrygestel nie, maar daar is ook minder bome om kweekhuisgasse te absorbeer.
2. Ons het bome nodig om te kan asemhaal
Bome absorbeer koolstofdioksied uit die atmosfeer en stel suurstof vry deur ’n proses wat fotosintese genoem word. Byna alle lewende organismes op aarde het suurstof nodig om asem te haal en woude speel ’n belangrike rol in die komplekse globale siklus van suurstof. Ontbossing en die agteruitgang van woude hou ’n gevaar in vir die gehalte van die lug wat ons inasem en dra tot 15% by tot globale kweekhuisgasuitlatings.
3. Bome produseer H²O
’n Allemintige 75% van die wêreld se water kom van woude, wat die lug bevog deur ’n proses wat as verdampingstranspirasie bekendstaan. Die bevogte lug beweeg na die binneland en val as reën, wat plante- en boomgroei ondersteun.
4. Mense en diere maak op woude staat
Woude bied ’n tuiste aan meer as die helfte van die wêreld se plant- en dierspesies en ondersteun die lewensonderhoud van miljarde mense. Die agteruitgang van woude het ’n regstreekse uitwerking op miljoene mense oor die wêreld heen as gevolg van die fyn balans van reënwoud-ekostelsels.
5. Ons alledaagse lewe sal nie dieselfde wees sonder bome nie.

 
Bome laat ons toe om noodsaaklike produkte te vervaardig wat ons in ons daaglikse lewe gebruik – van houtbalke wat ’n dak oor ons kop hou tot die bladsye van ons gunsteling tydskrif. Behalwe dat dit ’n bron van hout is, huisves woude ook plantlewe wat ons van ’n kwart van die wêreld se medikasie voorsien. Volgens die Nasionale Kankerinstituut in die VSA groei 70% van die 3 000 plante wat as aktief teen kankerselle geïdentifiseer is in reënwoude.
Vir enige tuinbou navrae, skakel Fritz by 082 920 3475.

 

Die Geelhout wat gedurende 1976 as nasionale boom verklaar is, is ook vanjaar die boom van die jaar. Geelhoutbome groei oor ’n breë gebied en aard selfs in Heidelberg en omgewing. Dit word as ’n stadige groeier beskou, maar is ’n manjifieke boom met ’n massiewe, reguit stam en wyduitgestrekte kroon.

 

 

‘n Uitstekende keuse vir Boomplantmaand is die Pekanneutboom wat nie net goeie koelte bied nie, maar ook as nuttige neutprodusent vir huishoudelike gebruik dien.

 

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version