Finaliste vir REVUE 2018 bekend gemaak!

Finaal 12 September 2018

Lefra Produksies se baie gewilde nasionale revuekompetisie vir laer- en hoërskole is die afgelope twee weke by Carnival City se Mardi Gras Teater aangebied.  Die groot Finale Afdeling waar die wenners aangewys gaan word, word op 12 September 2018 in die Big Top Arena van Carnival City aangebied.  Vier finaliste in die Laerskole Afdeling en vier finaliste in die Hoërskole Afdeling sal meeding om die title van Algehele Wenner van REVUE 2018.  Kaartjies vir die Finale kan by elke individuele skool bespreek word of ook by Computicket 0861 915 8000.  Meer inligting by www.revues.co.za  REVUE 2018 word aangebied met die vriendelike samewerking van Carnival City, Stuttaford van Lines, RSG, Hollywood Costumes en Sounds Good.

Die finaliste in die Laerskole- en Hoërskole Afdelings is so pas bekend gemaak.

Die finaliste in die Laerskole Afdeling is:

 

Die finaliste in die Hoërskole Afdeling is:

 

Tydens die finale word daar ‘n wenner in die Laerskole- sowel as die Hoërskole Afdelings aangewys.  Hierdie twee wenskole ding dan met mekaar mee vir die prys as Algehele Wenner van REVUE 2018!  Skole kan kontantpryse van meer as R36 000 wen.  Die organiseerders van die wen-laerskool en wen-hoërskool wen ook ‘n vaart op Lefra Produksies en RSG se Oppiwater Kunstefees wat van 15-19 April aanboord die MSC Musica aangebied word.  Die algehele wenner wen ook een van Lefra se uitstekende produksies waarmee die skool fondse kan insamel.

 

Vanjaar se beoordelaars is Lizz Meiring, Helene Bester en Duane Williams.  Die aanbieder is Sue Pyle en die regisseur Frans Swart.

 

Swart sê dat dit die derde jaar is dat hierdie nasionale revuekompetisie aangebied word.  “Dis ongelooflik hoe REVUE! gegroei het.  Skole, deelnemers en organiseerders geniet ons kompetisie baie, want ons motto is steeds dat dit ‘n Revue-fees moet wees.  Natuurlik is die kompetisie element belangrik, maar dis nie die alfa en omega van die Fees nie.  Dis so lekker vir my as ek sien dat die kinders REVUE! so geniet.  Skole kry die geleentheid om op ‘n professionele verhoog op te tree en ons hoop dat hulle ook baie sal leer in die proses.  Maar ook om vriende met ander skole te maak en van mekaar te leer.”  Swart sê die idee het destyds van hom af gekom om ‘n Nasionale Revuekompetisie aan te bied.  “Skole spandeer ongelooflik baie geld, tyd en energie aan hulle jaarlikse Revue.  Ek het net gevoel dat ons vir hierdie revues ‘n verdere lewe moet gee en vir die deelnemers nog kanse moet gee om verder op te tree.  Kyk man, die standaard van revues is baie hoog.  Dis eintlik mini-musiekblyspele.  Ek was weer eens bitter bly ek was nie ‘n beoordelaar nie.”

 

Lizz Meiring, een van die beoordelaars sê sy kon werklik nie haar oë glo nie.  “Ek was totaal uit die veld geslaan.  Hierdie kinders (en selfs die kleintjies van 7 en 8 jaar) bied produksies aan wat werklik baie na aan die professioneel is.  Ek was veral beïndruk met die oorspronklikheid van die temas en hoe daardie temas uitgevoer is.  Dit was werklik baie moeilik om by die finaliste uit te kom, want almal se standaars is baie hoog.  So, om die wenners aan te wys, gaan NOG moeiliker wees.”

 

REVUE 2019 sal weer volgende jaar in Augustus en September by Carnival City aangebied word.  Om in te skryf, of om inligting te bekom, skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com  Alle inligting verskyn by www.revues.co.za

 

 

Volg ons:

         

Facebook      Twitter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version