News

Wat gebeur in the hof?

Nigel en Heidelberg hofsake

Nigel hofsake

Vermeende kabeldiewe:
Die vermeende kabeldiewe wat op 16 Januarie op ‘n plaas buite Witkop aangekeer is toe hulle betrap is waar hulle besig was om die omhulsel van koperkabels af te brand, se saak het weer op 27 Julie in Nigel Landdroshof voorgekom, maar die ondersoek is nog nie afgehandel nie. Die saak is gevolglik tot 22 Augustus uitgestel.

 
Duduza Duo:
Die twee verdagtes wat op 10 Januarie deur Ekurhuleni se metropolisie vasgetrek is nadat hulle ondermeer in besit van ‘n gesteelde voertuig en ongelisensiĂ«erde vuurwapen betrap is, se saak het weer op 14 Junie in die strafhof voorgekom. Die verdagtes word volgens die polisie aan soortgelyke misdade in ander dorpe verbind. Die saak is tot 18 September uitgestel

 
Lehman moord:
Trevor Allen, die 64-jarige man wat daarvan beskuldig is dat hy sy vriendin Dianne Lehmann op 5 September tydens ‘n woordewisseling in ‘n kroeg doodgeskiet het, se saak is intussen na die Hooggeregshof oorgeplaas en die verhoor sal na verwagting op 17 September begin.

 
Nyembe moordsaak:
Die beskuldigdes in die Nyembe-moordsaak (adjunkhoof van Edalinceba Primary School in Duduza wat op 26 September doodgeskiet is), se saak is op 11 Junie na die Hooggeregshof oorgeplaas en die saak word op 29 Januarie 2019 vir die eerstekeer in die Hooggeregshof aangehoor.

 
Pep rowers:
Die vyf mans wat op 11 Februarie 2016 ná ‘n gewapende roof by Pep Stores in The Angelo Mall vasgetrek is, se verhoor het op 9 April in Nigel se Streekhof begin en is tot 17 September uitgestel .

 
Pienaars-moordsaak:
Die beskuldigde in die Pienaars-moordsaak (Dubbelmoord ruk Nigel-gemeenskap: HERAUT 23 Maart 2016) se saak is na die Hooggeregshof oorgeplaas, waar die verhoor op 23 April begin het. Verskeie getuies het reeds vir die staat getuig. Die saak behoort na verwagting hierdie week (20 tot 24 Augustus) afgehandel te word.

 
Swendelaars se bedrogsaak:
Verskeie beskuldigdes in die bedrogsaak wat ondermeer diefstal en identiteitsbedrog insluit, het sedert Junie in Nigel Landdroshof verskyn. Tydens die voortdurende ondersoek deur Sers Johan Lourens van Nigel Speurtak, is talle persone wat nog met die saak verbind word, gearresteer. Hulle het op 12 April en weer op 17 Augustus in die hof verskyn, maar die saak is intussen na die Hooggeregshof oorgeplaas. Na verwagting sal die verhoor eers aanstaande jaar ‘n aanvang neem.

Heidelberg hofsake
Jaco Jordaan beweerde bedrogsaak:
Die eienaar van Access Properties Heidelberg wat op 22 Februarie in verband met beweerde bedrog in ‘n eiendomstransaksie deur die Valke gearresteer is, se saak het weer op 6 Junie in die Secunda Streekshof voorgekom, nadat hy op 25 Mei op borg vrygelaat is. Die ondersoek duur nog voort en volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder is die saak tot 28 Augustus uitgestel.

 
Smuts-moorde:
Amos Mthembu (29) wat aan die moorde van Gert Smuts (78) sy vrou Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) skuldig bevind is, sal na verwagting op 26 September gevonnis word nadat die saak op 27 Julie uitgestel is.

Related Articles

Back to top button