Local newsNews

Nigel se geestelike rigtingaanwyser vernuwe

Sedert sy oprigting in Maart 2013 het Nigel se ysterkruis by die R42-kruising buite die dorp ‘n bekende baken geword.

Twee jaar ná oprigting is die ligte op 7 Desember vir die eerstekeer aangeskakel en die amptelike onthulling daarvan is deur die bekende gospelsanger Rudi Muller behartig – “Net betyds om vanjaar se Christusfees in helder lig te baai,” het Muller destyds tydens die onthulling gesê.

 
Die idee van ‘n kruis het as ‘n geloofsbesluit by Muller ontstaan en is deur die volgende teksvers uit 1 Korinthiërs 1:18 aan hom bevestig: “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”

 
Met die hulp en finansiële ondersteuning van sakemanne en verskeie plaaslike kerke is die kruisoprigtingprojek van stapel gestuur en het ‘n jaar geneem om te voltooi. Die kruis van 15m by 9m is op 1 Maart 2013 met behulp van ‘n hyserwerktuig gelig en in posisie geplaas.

 

Die helder verligte kruis was vir etlike kilometers sigbaar en volgens Muller simboliseer dit ‘n geestelike rigtingaanwysing en baken van hoop. Kort nadat die kruis se ligte vir die eerstekeer aangeskakel is, het talle probleme egter ontstaan.

 

Eers is die ligte weens beurtkrag beskadig en later deur weerlig. Daarna is die kruis is donkerte gehul toe die kragtoevoer permanent afgeskakel is.

 
Terwyl die kruis vir jare nie meer helder oor die dorp geskyn het nie, het Muller en sy span die kruis op 1 Augustus weer opgeknap, die grasveld rondom die kruis skoongemaak en baniere met herlewing slagspreuke aangebring om die rigtingaanwyser te vernuwe.

 

Teksversse uit Johannes 19:30 wat op een van die baniere aangebring is, lees as volg: “En toe Jesus die asyn geneem hethet, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.”

 

Muller het aangedui dat planne om die ligte binnekort weer aan te skakel, reeds op die tafel is.

 

Oud-rugbyspeler Warren Brosnihan en Darell Hardy het intussen ook by die kruisprojek betrokke geraak en dit het tot die oprigting van ‘n kruis met dieselfde spesifikasies in Centurion en binnekort een in die Serengeti Gholf Landgoed gelei.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

 

Related Articles

Back to top button