Local newsNews

Plaaslike boer raap Platinum Bul toekenning in Bloemfontein op

Ma-en-seun teelpaar beïndruk Bloemfonteinse beoordelaars.

Nico en Drine du Toit van die plaas Oplaas Geluk ongeveer 10km buite die dorp, het onlangs die ARC Farmers Weekly Platinum Bul 2018 toekenning vir hul bul Botha (OLG 1617) ontvang.
Volgens Nico is hulle maar die derde Santa Gertrudis telers in die geskiedenis om dié gesogte, dog tegniese toekenning te ontvang.

 
Botha (OLG 1617) die bul het in 2017 goue meriete by die LNR toetsstasie in Bloemfontein ontvang en sy ma, “Ouma” (SP9986) spog op 18-jarige ouderdom met 15 kalwers. Sy is ook in 2017 tydens die nasionale skou wat in Bloemfontein aangebied is, as die kampioen superkoei  (Champion super cow) aangewys. Dit het gevolglik tot Botha se onlangse Platinum Bul toekenning gelei. Verse wat van dié besondere bul dragtig is, word op 22 Augustus tydens die X-clusive veiling in Bloemfontein verkoop.

 

“Ons is maar nederige boere. Ons boer op kleinskaal en al die eer ten opsigte ons boerdery sukses gaan aan die Here,” het Du Toit aan HERAUT gesê.

 

Hy het bygevoeg dat hulle van natuurlike boerderymetodes gebruikmaak en dat hulle steeds vir die toekoms boer, ongeag die huidige kwellinge en uitdagings. Belangstellendes kan die veiling bywoon en enige navrae in verband met Botha die bul kan aan Nico by 072 659 3441 gerig word.

 

Botha se ma “Ouma” (SP9986) spog op 18-jarige ouderdom met 15 kalwers. Sy is ook in 2017 tydens die nasionale skou wat in Bloemfontein aangebied is, as die kampioen superkoei (Champion super cow) aangewys.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

Related Articles

Back to top button