Skote klap by Jaco Jordaan se huis

Verskeie skote (vermoedelik met ‘n outomatiese geweer) is in die vroeë oggendure by die huis van Jaco Jordaan in Heidelberg afgevuur.

Jordaan was die eienaar van Access Properties Heidelberg wat op 22 Februarie in verband met beweerde bedrog in ‘n eiendomstransaksie deur die Valke gearresteer is.

 

Sy saak het op 6 Junie in die Secunda Streekshof voorgekom, nadat hy op 25 Mei op borg vrygelaat is. Die ondersoek duur voort en volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder is die saak tot 28 Augustus uitgestel.

 

Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

Exit mobile version