News

Smuts plaasmoord hofsaak uitgestel

Die maatskaplike werker wat die verslag moes indien het tot groot frustrasie van beide die regter en die Smuts-familie net eenvoudig nie haar werk in die ses weke wat sy gehad het, voltooi nie.

Amos Mthembu (29) wat op die moorde van Gert Smuts (78) sy vrou Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) skuldig bevind is, sal waarskynlik eers op 26 September gevonnis word nadat die saak op 27 Julie uitgestel is.

Regter Tule-Tu Tonjeni het laasweek tydens die verhoor in Delmas Hooggeregshof beslis dat sy nie met die vonnis kan voortgaan alvorens Mthembu se sielkundige evaluasie voltooi is nie.

Mthembu, wat ook op ‘n klag van verkragting skuldig bevind is, se mede-beskuldigde Prince Mngomezulu (27)  se sielkundige verslag is reeds afgehandel, hoewel hy slegs aan die besit van gesteelde goedere (nie moord)  skuldig bevind is.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

Related Articles

Back to top button