Nalchem Fire leer onderwyseresse hoe om ‘n brand te blus

Die maatskappy het ‘n in-diepte kursus vir opvoeders aangebied om vir die ondersteuning wat hulle vanuit die gemeenskap ontvang, dankie te sê.

Edna van Staden van Kiddies Corner is een van talle kleuterskool onderwyseresse wat danksy ‘n opleidingskursus wat deur Nalchem Fire op 28 Julie aangebied is, nou oor meer brandbestrydingskennis beskik.

 

Beide teoretiese- en praktiese opleiding is deur die opvoeders voltooi en daar is geen twyfel dat hierdie nuwe kennis tot voordeel van hul leerders se veiligheid aangewend gaan word nie.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

 

Exit mobile version