News

Skryf nou in vir die Springs Meat World Potjiekoskompetisie

Die inkomste van die verkope van die potjies word aan die Springs Dierebeskermingsverening (DBV) geskenk.

Meat World by die Springs-mark reël tans ’n groot potjiekos-kompetisie vir Saterdag, 28 Julie, van 08:00 tot 13:00.  Daar is gróót pryse te wen!  Die wenner sal vleis ter waarde van R5 000 wen, en die tweede en derde pryse is R2500 en R1000 onderskeidelik.   Daar is nie ’n tema vir die dag nie – inskrywers kan dus hulle eie temas kies.  Een belangrike reël is dat jy vleis in jou potjie moet gebruik, en dat jy minstens een bypot moet maak. Al die kos moet op die terrein gemaak word, van 08:00 tot 13:00.  Meat World sal die vleis wat deelnemers in hulle potjies moet gebruik, skenk.

 

 

Alombekende TV-persoonlikhede en sangers sal een van die beoordelaars wee.  Ben Kruger, baie bekend vir sy rol as Ockie Ferreira in Binnelanders en self ’n potjiekosfundi, is ’n hoogs ervare potjiekosmaker en ‑beoordelaar.  Hy het onlangs – en dit boonop man-alleen – 40 potjies by die Innibos-kunstefees gemaak, vir liefdadigheid.  “Dit was nogal ’n uitdaging en ’n wonderlike ervaring, maar ek sal dit nooit weer doen nie!”  Ben het ook al ’n Potjiekos-resepteboek, WILD AND WARM!, gepubliseer.  Paul Lückhoff, wat die karakter van OomWimpie in Binnelanders vertolk, gaan ook een van die beoordelaars wees.  Paul kan gesien word as Elias in FIELA SE KIND en speel ook in die Lefra-komedie, MY VROU SE MAN SE MANNETJIE.  Die bekende sanger, Alwyn Oberholster sal sorg vir die vermaak terwyl die lug oortrek gaan word met die heerlike geure van Potjies!  Sy jongste CD, MAAK OF BREEK, vaar tans baie goed op die trefferlyste.

 

 

Verder sal daar ook op die dag baie vermaak en vlooimarkstalletjies wees.  Die publiek sal die potjiekosdisse kan koop – moet dus nie bekommer oor wat jou mense op 28 Julie gaan eet nie – kom kuier eenvoudig saam met Springs Meat World by die Springs-mark!

 

 

Om vir hierdie opwindende potjiekos-kompetisies in te skryf, skakel asseblief vir Lefra Produksies by 011 815 3000, of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com.  Die inskrywingsvorm en die kompetisiereëls is by www.lefra.com of www.meatworld.co.za te kry.  Om stalletjies vir 28 Julie te bespreek, skakel asseblief 083 254 7293.

 

Jy kan ook via die volgende skakel inskryf vir die potjiekoskompetisie:
https://www.emailmeform.com/builder/form/chxd601e04QAa

 

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button