NewsSport

Nigel eerstes ken nie van verloor nie

Nigel Rugbyklub se o/21s het die afgelope naweek hul wedstryd teen Meyerton Rugbyklub met ‘n telling van 27-5 verloor. Michael van Tonder was die enigste puntemaker.

Die tweedespan het Meyerton egter ore aangesit en die wedstryd het altesaam sewe drieë deur die tuisspan opgelewer. Die puntemakers was Thulani Ntuli, Morné Viljoen, Frikkie Jacobs, Tebogo Moepye (twee drieë) en Robert Botes (twee drieë). Dawie Strauss het ses verdoel en die eindtelling was 47-0.

 
Ondanks beserings en die afwesigheid van ‘n paar sleutelspelers, het Nigel se eerstes oudergewoonte ‘n spogvertoning gelewer en moes Meyerton met slegs vyf punte tevrede wees.

 
Johan Kruger en Schalk O’Callaghan het tweekeer agter die pale gekuier, terwyl Pierre Labuschagne, Mandla Mosikidi en Olivethu Vuyo ook elk ‘n drie gedruk het. Duan Tromp se skopskoen het vir ‘n verdere 10 punte op die telbord gesorg. Die eindtelling was 45-5 in Nigel se guns.

 
Eerskomende naweek (23 Junie) pak Nigel Vaal University of Technology (VUT) op tuisveld aan. Ondersteuners is welkom.

 

Follow us:

Facebook

Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button