Local newsNews

Die vere maak die voël by dié skou

Suikerbosrand Kanarieklub was die gasheer tydens vanjaar se kanarieskou wat op 15 en 16 Junie in Rensburg plaasgevind het.

Beoordelaars van Gauteng wat aan verskillende klubs behoort, het behoorlik bontgestaan om die rekordtal inskrywings van 780 (wat uit 13 verskillende tipes kanaries bestaan) te beoordeel.

 
Frikkie Bothma van Suikerbosrand Kanarieklub spog met verskeie rosette en trofeë wat hy met die verloop van jare bygemekaar gemaak het en hy het weer Heidelberg se naam hoog gehou tydens vanjaar se skou toe hy talle pryse ingepalm het. Bothma se inskrywings het ondermeer plekke in die Lizard, Fiorino en Roller afdelings verower.

 
Die voëls word op verskeie vlakke, waaronder kop en nek, lyf, vlerke, bene en pote, vere, stert, posisie, kleur, toestand, netheid en grootte beoordeel.

 
Belangstellendes wat by Suikerbosrand Kanarieklub wil aansluit, kan Bothma by 072 581 5377 skakel.

 

 

Frikkie Bothma (die enigste Heidelberger van Suikerbosrand Kanarieklub) met sy kanaries wat almal spesiale pryse ontvang het.

 

 

Related Articles

Back to top button