Kinderbeskerming en sorg – Sosiale verantwoordelikheid

Heidelberg SAPD het ‘n spesiale geleentheid gehou om Kinderbeskermingsweek, wat vanaf 28 Mei tot 4 Junie plaasgevind het, by Laer Volkskool te vier.

SAPD Heidelberg se kommunikasiebeampte Kaptein Thivulawe Tshilate, Sektor 1 en 2 bevelvoerders A/O Wollie Wolmarans en Sers Vusumuzi Zondo, GPF-lid Gerhard de Beer en misdaadvoorkomingslede het almal aan die geleentheid deelgeneem.

 
Die doel was om die Graad R-en RR-leerders bewus te maak van Kinderbeskermingsweek en hul veiligheid. Die gevare van kinderhandel en om met vuurwapens en elektriese toestelle te speel, was ook onder die hoofonderwerpe.

 
Die leerders is gewaarsku om nie geskenke, lekkergoed en speelgoed by vreemdelinge te aanvaar nie.
Hulle is ook aangeraai om nooit ver van hul huise te speel of om in swembaddens te baljaar wanneer daar nie ouertoesig is nie.

 
Na afloop van die praatjies is leerders met lekkernye deur Heidelberg SAPD bederf, met die doel om vertroue tussen hulle en die polisie op te bou.

 
SAPD Heidelberg se waarnemende stasiebevelvoerder Luitenant Kolonel Roy Fry het sy waardering teenoor die SAPD, GPF en onderwysers wat die verrigtinge gereël het, uitgespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version