Oud-direkteur van McCarthy Toyota besoek Heidelberg Besigheidskamer

Pretorius het oor die belangrikheid van goeie leierskap en noodsaaklikheid daarvan in vandag se samelewing gepraat.

“Om die beste voorbeeld te stel en die beste resultate te lewer , is die grootste verskil tussen mense lei en mense bestuur.” Dit was die woorde van voormalige direkteur van McCarthy Toyota – Brand Pretorius – wat as gasspreker tydens Heidelberg Besigheidskamer se vergadering  op 29 Mei opgetree het.

 

”Die probleem by meeste van vandag se maatskappye lê by die kwaliteit van leierskap en hoe om ’n doeltreffende, inspirerende en effektiewe leier te wees,” het Pretorius gesê en bygevoeg dat volgens die nuutste statistieke, slegs 8% van werknemers vandag in hul leiers glo en hulle vertrou.

 

“Om ’n volwaardige leier te wees, moet jy hoë morele- sowel as Christelike waardes hê en uitstekende selfdissipline kan handhaaf, asook oor uitmuntende deursettingsvermoë beskik.”

 

Pretorius het verder genoem dat mense beter reageer op liefde as op vrees en dat ’n ware leier eienskappe van menslikheid en deernis moet betoon, maar ook die werk gedoen moet kry en resultate kan lewer. Hy het ná meer as 45 jaar by Toyota uit diens getree en tree deesdae as motiveringspreker by verskeie funksies op.

 

Die vergadering is met ‘n gesellige ete afgesluit wat deur Auto-Ren Toyota geborg is.
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering, wat op 12 Junie by die Ou Tronk plaasvind, by te woon. Vir navrae, skakel Schultz (voorsitter) by 082 560 2275.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version