Local newsNews

Heidelberg Rugbyklub voer verbete stryd

Heidelberg, Elsburg se rugbymanne speel gelykop in titaniese stryd

Heidelberg Rugbyklub het op 2 Junie vir indrukwekkende rugby gesorg toe hulle met Elsburg se rugbyspan kragte gemeet het.

 
Ten spyte van goeie verdediging in die eerste helfte deur beide spanne, kon Elsburg daarin slaag om Heidelberg se verdedigingslyn twee keer te breek en het hulle twee drieë  kort voor halftyd ingeryg.

 

Cornelius Pruis het Heidelberg se eerste drie enkele sekondes voor halftyd  gedruk. Die telling was met halftyd 10-7 in Elsburg se guns.

 
Die tweede helfte het Heidelberg op die aanval gesien en ten spyte van nog ’n drie deur Elsburg in die 52ste minuut, het Ronald Rice en JJ Venter  met ’ n drie elk vir Heidelberg  gesorg dat die eindtelling  op 17-17 geëindig het.

 
Heidelberg Rugbyklub se volgende wedstryd teen Oos Rand Polisie vind op 23 Junie by Hoër Volkskool se veld plaas.

 
Ondersteuners is welkom om dit by te woon. Vir navrae, skakel Monique Reyneke by  072 573 3619.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button