NewsSport

Hoop vir die Bokke

Hoewel die Springbokke deesdae meer soos daardie broer in die tronk is waaroor mens liewer nie wil praat nie, is daar tog hoop nadat Rassie Erasmus ‘n opwindende groep spelers vir sy eerste wedstryd as breier van die eens beroemde span aangekondig het.

Die Springbok afrigter het met sy keuses ‘n goeie balans van jeug en ervaring ingesluit vir die wedstryd teen Wallis wat Saterdag in Washington plaasvind en die kanse vir ‘n oorwinning blyk goed, mits hy die regte kombinasies op die veld stuur.

 
Bo aan die lys wat meeste Heidelbergers (jou trandisionele Lions ondersteuners) breed laat glimlag het, was die insluiting van vuurvreter flank Kwagga Smith.

 
Smith, wat eers as ‘n sewes-speler naam gemaak het, is alombekend vir sy toewyding en indien hy vir die beginspan gekies word, behoort die Bokke beter balbesit by die afbreekpunte tot hul beskikking hê.

 
Erasmus het egter ‘n enorme taak voor hom as hy die span se lot wil verander. Hy is ‘n tegniese afrigter met tonne ervaring op provinsiale vlak – baie rugbyliefhebbers sal onthou hoe hy destyds op die dakke van stadions geklouter het en met die gebruik van soekligte sy spelers probeer beheer het – en sy betrokkenheid op Springbokvlak strek reeds oor meer as 10 jaar.

 
Hy het ook met die groepkeuse aan die nasionale transformasie vereistes voldoen, hoewel hy reeds in sy eerste sponsdoring getrap het deur ‘n klomp ombestendige Sharks spelers te kies.

 

“Wat vir my baie snaaks is, is dat daar 12 Sharks in die goep is en sou ons na hul vertoning in die Super Rugby reeks kyk, was die Sharks maar op-en-af hierdie jaar,” meen HERAUT rugbykenner Louis Jonck.

 

Jonck het erken dat daar aansienlik meer Lions spelers in die groep sou wees as dit nie vir beserings was nie, maar het ook klem daarop gelê dat dit nooit ‘n goeie idee is om die span wat die beste in Super Rugby presteer (beserings in ag geneem) op nasionale vlak af te skeep nie.

 

“Daar is ook meer Bulle in die span en moenie dat ek eers begin praat oor van die Stormers wat die paal gehaal het nie. Nee man.”

 

Sy misnoë daar gelaat, reken Jonck die Bokke staan ‘n goeie kans om tydens die komende toer  vir Engeland ‘n les of twee te leer.

 

“Hulle stuur ‘n baie verswakte span – ons sal maar moet wag vir die Rugby Championship om ‘n beter idee te kry oor waar ons staan.”

 

Die Springbok-groep wat Saterdag Wallis in Washington aandurf (in volgorde naam, posisie, toetse, punte):

Voorspelers (16):
Nizaam Carr (DHL Stormers, 5, 0)
Dan du Preez (Cell C Sharks, 3, 0)
Pieter-Steph du Toit (DHL Stormers, 32, 20 – 4t)
Thomas du Toit (Cell C Sharks, 0)
Jason Jenkins (Vodacom Bulls, 0)
Steven Kitshoff (DHL Stormers, 23, 5 – 1t)
Wilco Louw (DHL Stormers, 5, 0)
Frans Malherbe (DHL Stormers, 17, 0)
Bongi Mbonambi (DHL Stormers, 14, 5 – 1t)
Oupa Mohojé (Toyota Cheetahs 18, 0)
Ox Nche (Toyota Cheetahs, 0)
Sikhumbuzo Notshe (DHL Stormers, 0)
Marvin Orie (Emirates Lions, uncapped)
Chiliboy Ralepelle (Cell C Sharks 23, 5 – 1t)
Kwagga Smith (Emirates Lions, uncapped)
Akker van der Merwe (Cell C Sharks, 0)

Agterspelers (10):
Curwin Bosch (Cell C Sharks, 1, 0)
André Esterhuizen (Cell C Sharks, 0)
Warrick Gelant (Vodacom Bulls, 2, 5 – 1t)
Travis Ismaiel (Vodacom Bulls, uncapped)
Elton Jantjies (Emirates Lions, 23, 203 – 2t, 38c, 39p)
Jesse Kriel (Vodacom Bulls, 29, 40 – 8t)
Makazole Mapimpi (Cell C Sharks, 0)
Embrose Papier (Vodacom Bulls, 0)
Ivan van Zyl (Vodacom Bulls, 0)
Cameron Wright (Cell C Sharks, 0)

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

Related Articles

Back to top button