NewsSport

Gemengde welslae vir Nigel Rugbyklub

Tydens die afgelope naweek se ligakragmeting by VUT se velde, het Sasolburg Rugbyklub sy spiere gebult en Nigel se spanne het met gemengde welslae teruggekeer.

Nigel se o/21s het ‘n goeie indruk op die veld gemaak, maar kon nie daarin slaag om die oorhand te kry nie. Heinrico Schutte en Juan-Pierre Billing was die enigste puntemakers van die wedstryd. Die eindtelling was 26-10 in Sasolburg se guns.

 
Hoewel Nigel se tweedespan vir indrukwekkende rugby gesorg het, was dit nie genoeg om Sasolburg te klop nie. George Fritz het twee drieë gedruk en Ferdie Snyman een, waarvan een deur Dawie Strauss verdoel is. Hulle het die knie gebuig en met die telbord op 31-17 in Sasolburg se guns, huiswaarts gekeer.

 
Die eerstespan kragmeting het nie op ‘n hoë noot vir Nigel afgeskop nie, veral nie toe Sasolburg kort na afskop die eerste punte aangeteken het nie. Nigel was op die agtervoet geplaas en die eerste helfte het talle foute en verdedigingspel opgelewer. Kenmerkend van Nigel se eerstes, het hulle teruggeveg en die tweede helfte het met goeie agterlynbewegings vir punte op die telbord gesorg.

 

Reon Bezuidenhout en Duan Tromp het elk ‘n drie gedruk en Bezuidenhout het albei suksesvol verdoel. Die eindtelling was 14-6 in Nigel se guns.

 
Die volgende kragmeting teen Sasolburg Rugbyklub vind op 26 Mei by John Vorster Stadion plaas. Almal is welkom.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

 

Related Articles

Back to top button