The Barber Shop Nigel

Haarkappery is 'n loopbaan wat kreatiwiteit, baie harde werk en 'n groot passie verg.

Daarvan kan Janine van der Merwe getuig, want na jare se ondervinding ken sy haar nering en weet sy presies wat haar manlike klante verlang wanneer hulle sitplek in die haarkapperstoel inneem.

 

Janine staan al agt jaar in die beroep as gekwalifiseerde mans haarkapper en wanneer dit by sny en stileer van manshare kom, weet sy hoe belangrik ‘n man se kroon vir hom is.

 
Sy is deesdae die haarkapper by The Barber Shop in Breytenbachstraat (langs die bakkery) in die Inala gebou. Haar besigheidsvennoot Otto Muller (eienaar van Nigel Mobile Pawn Shop) het die besigheid ongeveer ses maande gelede oorgeneem en sê hy kon nie vir ‘n meer bekwame manshaarkapper en vennoot as Janine vra nie.

 
The Barber Shop spog ook met ‘n reeks baardolies en stileermiddels vir die hardebaarde en die salon is uitsluitlik vir manlike klante toegerus. Die werksarea is aantreklik en uitnodigend sodat dit aanklank by die manlike publiek vind, maar dit is veral die skoon toerusting soos kamme en haarknippers, wat ‘n indruk laat.

 

“Dit is belangrik dat ons klante moet weet hulle is altyd welkom hier. Klante tevredenheid en perfeksionisme is waarna ons streef,” het Muller gesê.

 

Hierdie besigheid het mans en seuns se ondersteuning nodig en daar word ‘n beroep op plaaslike inwoners gedoen om The Barber Shop te ondersteun. ‘n Haarsny vir mans beloop R50 terwyl skoolleerders slegs R40 betaal.
Besigheidsure is vanaf 08:00 tot 17:00 Maandae tot Vrydae en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae en publieke vakansiedae.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

Exit mobile version