News

Trauma: word beter of bitter hoor lede van Nigel VLU

“Word beter of bitter.” Dit was die openingswoorde van Pastoor Danie Hartzer toe hy lede van Nigel VLU tydens hul 731ste vergadering op 10 Mei toegespreek het.

Pastoor Hartzer het ‘n skyfievertoning oor die hantering van trauma in verskillende fasette van die mens se lewe gelewer en die dinamika van trauma bespreek.
Aangrypende staaltjies oor sy betrokkenheid by die plaaslike kapelaansdienste, het lede laat regopsit, maar dit was veral sy boodskap van hoop wat nadenke gelaat het.

 

“Deel altyd jou ervaring met iemand en moenie daaroor stilbly nie. Mense ervaar trauma op verskillende maniere en die gesig van trauma is nooit eenders nie. Trauma manifesteer in verskillende vorme, maar die belangrikste is dat niemand alleen hoef te ly nie en dat berading die sleutel tot herstel is,” het hy gesê.

Die vergadering is deur Ronel Lombaard (voorsitter) tot orde geroep, waarna Hettie Botha die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen het. Na afhandeling van die sakelys het Lombaard twee nuwe lede verwelkom en haar tevredenheid met die groei van die tak uitgespreek.
Na afloop van die vergadering het lede tee en verversings geniet. Belangstellendes word na Nigel VLU se volgende vergadering wat op 14 Junie om 10:00 by die NG Kerk Nigel Oos plaasvind, genooi.
Skakel Anna-Marie by 082 886 2002 vir meer inligting.

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

Related Articles

Back to top button