Beskuldigdes uiteindelik vir roof in 2014 gevonnis

Die vier beskuldigdes in die Ackermans roof van 2014 is uiteindelik op 20 April tot onderskeidelik 20 en 15 jaar gevanggenisstraf gevonnis.

Die hofsaak het lank gesloer nadat die mans telkens van regsverteenwoordiging verander het.
Mnr Pieter du Plessis (landdros) het in Heidelberg Streekhof bevind dat die vier verdagtes die rooftog vooruit beplan het en dat hulle een doel voor oë gehad het en dit was om die onderneming te beroof.

 
Die voorval het op 12 Oktober 2014 plaasgevind toe gewapende rowers die personeel oorval en van selfone en kontant ter waarde van R75 000 beroof het.

 
Die viertal is ná goeie samewerking tussen Heidelberg SAPD en Heidelberg GPF patrolleerders aangekeer.  Vincent Ngwenya (38), Thembinkosi Khumalo (44), Themba Radebe (40) en Benedict Montsho (38) is aangekla van verswarende roof, die besit van ‘n semi-outomatiese geweer en besit van ongelisensieërde ammunisie.

 
Ngwenya het 15 jaar gevangenisstraf vir die eerste klagte, 15 jaar op die tweede klagte en drie jaar vir die derde klagte ontvang. 10 Jaar van klag twee en die volle drie jaar van klag drie sal gesamentlik met die eerste klagte uitgedien word wat die totaal van die tronkstraf op 20 jaar te staan bring.
Die ander drie beskuldigdes is elk 15 jaar tronkstraf opgelê.

 
Kolonel Amanda Viljoen (bevelvoerder) van Heidelberg Polisiestasie is verheug oor die uitspraak en sê dit is ‘n bewys dat as die gemeenskap hande met die polisie neem, kriminele aan die pen gaan ry.

Exit mobile version