Local newsNews

Dié naweek is registrasie naweek

Heidelbergers onthou om seker te maak dat jou naam op kieserslys is.

Môre en oormôre (10 en 11 Maart) sal die stemlokale tussen 08:00 en 17:00 oop wees sodat alle kiesers seker kan maak dat hul name en regte adresse op die kieserslys verskyn.

 

Dit is veral belangrike indien jou adres intussen verander het. Jy moet by die lokaal naaste aan jou woonadres stem.

 

Die volgende stemlokale is in Heidelberg beskikbaar: Heidelberg Public School in Gemsbokstraat Jordaanpark, Heidelberg Stadsaal in HF Verwoerdstraat, Mountain View High School in Gladiolastraat Bergsig, Shalimar Ridge Community Hall in Kismetstraat, Jameson Park Community Hall in Dorbielaan, J&G Farm Stall in Spaarwater, Laerskool AG Visser in AG Visserstraat Rensburg en die tent in Bendorlaan in Overkruin.

 

Onthou om jou ID boek of kaart saam te neem. Suid-Afrikaanse burgers van 16 jaar en ouer mag stem.

 

Indien jy enige navrae het, skakel jou plaaslike wyksraadslede by die volgende nommers: Mirna Mulder (Wyk 8) 082 400 0909, Gerry Holtzhausen (Wyk 9) 082 857 8277 en Sieg Paul (Wyk 10) 084 314 4913.

 

Related Articles

Back to top button