Local newsNews

Skenk gebottelde water vir Kapenaars

Afsetpunte in Heidelberg sowel as Nigel geïdentifiseer.

 

Heidelbergers wat water aan die droogte geteisterde Kaap wil skenk, kan bottels water by vier punte in Heidelberg aflaai.

 

TyreMart in Schoemanstraat, Laer Volkskool, Laerskool AG Visser en die NG Moedergemeente (Klipkerk) het hande geneem om dié water inisiatief aan die rol te kry.

 

Vragmotors sal vanaf 7 Februarie die water na die Kaap neem. Die organiseerders vra dat slegs gekoopte water in verseëlde bottels geskenk word. Die water sal hoofsaaklik vir ouetehuise aangewend word.

 

Die water moet teen 10:00 op Dinsdag 6 Februarie by die afsetpunte afgelaai wees.

 

Vir meer besonderhede kan Darlene van Wyk by 076 995 5337 geskakel word.

 

 

NIGEL – Gebottelde water kan ook in Nigel by die AGS Anquila gemeente afgelaai word. Die vragmotors sal Maandag 5 Februarie vertrek.

 

Related Articles

Back to top button