CrimeNews

Rensburg man in huis vasgebind, beroof

Rowers vat slegs selfoon en vlug.

‘n 25-Jarige man is gister omstreeks 15:50 in sy kamer in Vosstraat, Rensburg deur twee onbekende mans oorval.

 

Hy is met ‘n vuurwapen aangehou, waarna sy hande en voete vasgebind is.

 

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD het die rower ‘n skootrekenaar geëis. Toe dit blyk dat die slagoffer nie oor ‘n rekenaar beskik nie, het hulle sy selfoon gevat en gevlug.

 

Die SAPD vra dat enigiemand met inligting oor die verdagtes na vore moet kom en Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0361 moet skakel of skakel A/O Frank Mnqosini (Sektor 3 bevelvoerder) by 082 856 0968.

Related Articles

Back to top button