CrimeNews

Heidelberg polisie nie te vinde vir omkopery

Man vas vir verskeie oortredings én hy probeer SAPD omkoop,

Heidelberg Polisie het ‘n 39-jarige man vir roekelose en nalatige bestuur, bestuur sonder ‘n lisensie én vir omkopery op 18 Januarie aangekeer. Die man is ook ‘n onwettige immigrant.

Die verdagte het in Schoemanstraat gery toe Adjudant Offisier Wollie Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo ‘n Kia bakkie gewaar het wat stoptekens verontagsaam.

 

Hulle het die bestuurder afgetrek en hy kon nie ‘n wettige bestuurslisensie toon nie. Die Zimbabwiese man kon ook nie ‘n Suid-Afrikaanse paspoort toon nie. Boonop het hy die lede met kontant probeer omkoop.

 

Kolonel Amanda Viljoen (bevelvoerder: Heidelberg Polisiestasie) het die lede vir hul optrede geloof.

Die verdagte het op 19 Januarie in Heidelberg Landdroshof verskyn en die saak is tot 25 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button