Local newsNews

Motorongeluk slagoffertjie vorder goed

Heidelberg gimnas wat rug breek, weer terug skool toe.

Anuschka Pieters (10) wat haar rug in ‘n motorongeluk op 22 Augustus gebreek het, is besig om só goed te herstel dat dokters haar toegelaat het om die laaste paar weke van die skoolkwartaal na Laerskool AG Visser terug te keer.

 

Dokters het besluit om nie te opereer nie, maar Anuschka moes ‘n rugstut dra en vir ten minste ses maande haarself baie stil gedra. Daar is aanvanklik gedink dat sy nie vanjaar sou terugkeer skool toe nie. Dokters was egter só beïndruk met Anuschka se vordering dat sy vir kort rukkies kon terugkeer skool toe en nou ook sonder haar rugstut klaarkom.

 

Hoewel dit ‘n langer tyd gaan neem vir Anuschka om na haar gimnastiekklasse terug te keer (sy was ‘n kranige gimnas voor die ongeluk), is sy tydens die klub se prysuitdeling met ‘n ‘Moet nooit opgee nie’ trofee beloon. Sy het ook Graad 4 met ‘n gemiddeld van 77% geslaag en haar ouers sê hulle is ongelooflik trots op hul klein vegtertjie.

 

Die Pieters-gesin bedank die gemeenskap, familie en vriende vir al hul gebede en ondersteuning. “Ek wil net dankie sê vir al my maats en onderwysers wat so bekommerd oor my is en mooi na my kyk,” het Anuschka gesê.

Related Articles

Back to top button