Donker kruis sal dalk vanaand weer helder skyn

Heidelberg se kruis se ligte herstel.

Ná Heidelberg se bekende kruis op die koppie vir jare nie meer helder oor die dorp geskyn het nie, was Lefu Motloung en Muzi Tshabalala Donderdag besig om die ligte te herstel.

Adjudant Offisier Wollie Wolmarans het die kruis se lot op hom geneem en vir Jacques Cronjé (sakeman) genader om te help om die ligte te herstel.

Die ligte is herstel, maar daar was gisteraand ‘n probleem aan die munisipaliteit se kant. Hopelik word dit vandag (Vrydag) uitsorteer en kan Heidelbergers die naweek uitkyk na die kruis wat weereens helder sal skyn.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version