Bespreek nou vir Veterane Gholfdag by Heidelberg Gholfklub op 2 Desember 2017

Suikerbosrand Makelaars se 22ste jaarlikse gholfdag vind op 2 Desember by Heidelberg Gholfklub plaas.

Daar is R20 000 se pryse op die spel – onder andere ‘ n VIP gholfdag vir 4 spelers met gholfkarretjies, gholfhemde en halfwegete te waarde van R5 000 by Serengeti – op die spel.

Dit is ‘n individuele stableford kompetisie en inskrywingsfooie van R200 sluit halfwegete in. Daar sal ook verversings op die baan voorsien word. Alle onkostes word gedra deur Suikerbosrand Makelaars en prysborge soos Hunters.

Alle wins gaan aan die POV (Parabat Veterane Vereniging), ‘n organisasie wat hom beywer om makkerhulp te lewer aan oud-gediendes wat hulp nodig het. Die PVO is geregistreer by die Sentrale Militêre Veterane Organisasie deur middel van wie hulppakkette vir bv mediese sorg, behuising ens. aansoek gedoen kan word.

Die PVO is die enigste oudvalskermsoldate organisasie wat geregistreer is by die CMVO en sodoende by die Departement van Militêre Veterane.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version