Piet Kruger hou groot makietie ter viering van sy 100ste verjaardag

Piet Kruger van Nigel wat op 5 November 100 jaar oud geword het,, se eeufeesvieringe is met ‘n reusemakietie afgeskop.

Die opskop het met ‘n pretloop ‘n pretloop vanaf Nigel Tuiste vir Bejaardes (waar hy ‘n inwoner is) tot by die Hervormde Kerk begin en is later by die tuiste se saal voortgesit waar die bekende Vastrap Boere-orkes musiekvermaak verskaf het.

Die doel van die pretloop was om fondse in te samel vir opknapping van die tuiste se kombuis. Lede van die publiek was genooi om bejaardes wat aan die pretloop deelneem, met ‘n bedrag van R100 te borg en volgens Ria Alberts van Nigel Tuiste vir Bejaardes is nagenoeg R10 000 ingesamel.

Piet het sy verjaardagvieringe saam met familie en vriende gedeel.

Die volledige storie verskyn in die volgende uitgawe van HERAUT.

 

Exit mobile version