CrimeNews

Gedugte SAPD span trek verdagtes voor polisiestasie vas

Zimbabwiërs in gesteelde voertuig loop hul rieme in Heidelberg styf.

 

Die vinnige optrede van Heidelberg SAPD (Sersant Vusumuzi Zondo en Adjudant Offisier Wollie Wolmarans) en Heidelberg GPF-lede asook die oplettendheid van inwoners het daartoe gelei dat twee verdagtes in ‘n gesteelde voertuig reg voor Heidelberg Polisiestasie aangekeer is.

 

Opgedateerde inligting: By nadere ondersoek is bevind dat die voertuig wel vroeër vanjaar gesteel is, maar dat dit later as opgespoor aangemeld is. Die Zimbabwiese burgers het op 3 November in die hof verskyn nadat hulle nie wettige verblyfpermitte aan die polisie kon toon nie. Die saak is egter nie op die rol geplaas nie nadat beamptes van Binnelandse Sake bevind het dat hulle oor geldige paspoorte beskik.

Related Articles

Back to top button