Local newsNews

Gewurg, vasgebind: Rowers slaan toe op vroue by huis in Heidelberg Sentraal

Viljoen, Esmé, Arendstraat loop ook deur tydens misdaadvlaag

Twee rowers het gister (20 September)  omstreeks 15:30 ‘n huiswerker van Viljoenstraat oorval terwyl sy besig was om wasgoed van die lyn af te haal.

Een van die rowers het haar van agter aan die nek gegryp en gewurg. Sy is die huis gedwing waar sy en die 56-jarige eienaar met kabelbinders vasgebind is.

Die rowers het die eienaar se ringe van haar vingers forseer en begin om die huis te deursoek. Hulle het ‘n TV, dekodeerder en juwele gegryp en dit in die dame se wit Daihatsu Sirion met registrasienommer WHP 929 GP gelaai.

*Dinsdag omstreeks 10:30 is ‘n huiswerker deur twee mans in Esméstraat, Jordaanpark in die huis oorval. Sy is ook vasgebind voor die rowers met kontant, juwele, twee TVs en verskeie ander elektroniese ware weggekom het.

Sekuriteitskameras in Jordaanpark wys dat die rowers in ‘n wit Ford Ranger met vals nommerplate gery het.

‘n Tweede poging tot huisbraak in dieselfde buurt (Arendstraat) is later dieselfde dag aangemeld.

Lees ook:

HEIDELBERG CRIME WAVE: Homes and businesses targeted by criminals

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button