CrimeNews

Hoër- en Laer Volkskool loop onder inbrekers deur

Selfde inbrekers op sekuriteitskamera vasgevang.

43 Rekenaars ter waarde van R300 000 is gedurende die nag van 15 September by Hoër Volkskool gesteel.  Dit blyk dat die inbrekers ‘n hek oopforseer het om toegang te verkry.

By Laer Volkskool het die verdagtes (die vorige nag) heel waarskynlik die kluis geteiken toe hulle die dakplate van die administratiewe gebou oopgesny het. Hulle kon dit egter nie oopkry nie en is met net ‘n TV daar weg.

Die SAPD doen ‘n beroep op inwoners om met die identifisering van een van die verdagtes wat op ‘n sekuriteitskamera betrap is, te help. Enigiemand met inligting kan Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0361 skakel.     

 

Kolonel Amanda Viljoen (bevelvoerder) vra dat inwoners alle misdaad voorvalle (ook straatinsidente soos selfoondiefstal) by die SAPD moet aanmeld om hulle in die stryd teen misdadigers te help.

 

 

Related Articles

Back to top button