CrimeNews

Verdagte wat Heidelberger met mes steek, vasgetrek

Diewe wat deur venster klim, verras vrou.

‘n Verdagte is vasgetrek nadat hy en sy makker vanmiddag omstreeks 14:00 ‘n venster van ‘n huis in Maraisstraat gebreek het.

 

‘n Konfrontasie het tussen die vrou van die huis en een van die verdagtes uitgebreek en sy is op haar arm gesny. Sy het dieper in die huis gevlug en ‘n paniekknoppie geaktiveer.

 

Die mans het weggehardloop en een van hulle is deur ‘n sekuriteitsmaatskappy op die R23 aangekeer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die sak wat die verdagtes op die toneel laat val het.

Related Articles

Back to top button