News

Misdaad vlaag: Bejaarde man aangerand tydens Heidelberg huisroof

Derde voorval in minder as drie ure aangemeld.

Rowers het vandag ‘n bejaarde man van Nelstraat, Rensburg vasgebind waarna hulle hom geskop en geslaan het voor hulle met verskeie toerusting asook die slagoffer se wit Fiat Pallio gevlug het.

 

Die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind toe vier rowers die bejaarde en sy huishulp oorval en vasgebind het. Lede van Rensburg GPF het die slagoffers te hulp gesnel.

 

In nog ‘n huisroof, is drie bejaardes en hul huiswerkers in ‘n kompleks in Elandstraat, Jordaanpark omstreeks 11:00 deur vyf gewapende rowers oorval.

 

In ‘n derde voorval het rowers by ‘n huis in Museumstraat probeer inkom. Die huiswerker het hulle egter gewaar en die eienaar geskakel. Die rowers het laat spat toe hulle haar met die foon gewaar.

 

In twee van die voorvalle is ‘n bejaarde vrou (Elandstraat) en die slagoffer van Nelstraat na die Life Suikerbosrand Hospitaal geneem.

 

Bejaardes van Jordaanpark pas beroof

Related Articles

Back to top button