Local newsNews

Bekende Heidelberger sterf ná lang siekbed

Hannetjie Steenkamp veral bekend by VLU, Koekversierdersgilde en AG Visserhuis.

Hannetjie (71) is Woensdagaand ná ‘n driejaarlange stryd teen kanker oorlede.

Sy sal veral onthou word vir haar hantering van Heidelberg se inligtingsentrum by die AG Visserhuis. Sy was ook ‘n aktiewe lid van Rensburg VLU en stigterslid van die Protea-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde.

Hannetjie laat haar man Danie, vier kinders en ses kleinkinders agter. ‘n Gedenkdiens word Woensdag 6 September om 11:00 vanuit die Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes gehou.

(‘n Volledige berig oor Hannetjie sal volgende week in HERAUT verskyn).

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button