Local newsNews

Moenie Eenheidsparade misloop nie!

Nie-winsgewende organisasies gereed vir reuse bewusmakingsveldtog

Planne vir Heidelberg se eenheidsparade (Unity Parade) verloop volgens plan en die bykans 19 nie-winsgewende organisasie asook verskeie rolspelers het in alle erns en in groot geheimhouding met die bou van hul vlotte begin.

Die parade wat more (25 Augustus) om 08:00 afskop is die idee van Lezanne Scholly-Hattingh (SANCA) en Nicolene van der Merwe (SAVF) in ‘n poging om die gemeenskap aan die verskillende organisasies wat hulle met maatskaplike dienste kan bystaan, bekend te stel.
Elke organisasie sal hul dienste deur middel van kleurvolle vlotte deur die strate van Heidelberg bekendstel.
‘n Wenvlot (wat deur drie beoordelaars aangewys sal word) sal ‘n kontantprys wen. Die beoordelaars sal na die volgende kriteria oplet: kreatiwiteit aan die dag gelê; voorstelling van die organisasie se dienste en spangees.
Die vlotte sal om 08:00 by Laerskool AG Visser bymekaarkom, waarna die beoordeling om 08:15 sal begin.
Die parade wat deur lede van die Suid-Afrikaanse Leërgimnasium begelei sal word, sal om 09:00 na Mncedwastraat in Uitbreiding 23 beweeg (vanaf Rensburg sal hulle oor die R23 Balfourpad na Uitbreiding 23 vertrek).
Die parade sal van Uitbreiding 23 regs op die Vaaldampad draai vanwaar hulle na Shalimar Ridge sal beweeg. Vanaf Shalimar Rigde sal die optog in Schoemanstraat afbeweeg vanwaar hulle in Voortrekkerstraat en dan in Begemanstraat sal indraai tot by Laer Volkskool.

Vanaf Laer Volkskool sal die parade deur middel van Begemanstraat na die Leërgimnasium in Louwstraat en tot by Hoër Volkskool vorder. Die vlotte sal verby die skoolkoshuis tot in Beechamstraat beweeg vanwaar hulle na Heidelberg Mall sal vertrek.
Die vloot behoort teen 12:00 by Ingang 5 van Heidelberg Mall te eindig waar die prysuitdeling sal plaasvind.
Elke organisasie wat deelgeneem het sal die kans gegun word om ‘n belofte van diensbaarheid aan die gemeenskap te onderteken. Heidelberg SAPD in samewerking met Heidelberg GPF, plaaslike verkeerspolisie, nooddienste en privaat sekuriteitsdienste sal ook deel van die dag se verrigtinge vorm.
Waardigheidspakkies met noodsaaklike toiletware en ander benodighede sal tydens die parade bekendgestel en aan die organisasies uitgedeel word. Dié pakkies sal van nou af op ‘n deurlopende grondslag by die organisasies en SAVF se kantore in AG Visserstraat beskikbaar gestel word.
Vir meer besonderhede oor die parade kan Lezanne by 084 854 1897 of Nicolene by 084 050 5004 geskakel word.

 

 

 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button