CrimeNews

Man in rooftog doodgeskiet

Voormalige plaaswerker deur rowers vermoor toe hy by vriendin kuier.

‘n Voormalige werknemer van ‘n plaas in die Rooikraal-gebied is noodlottig gewond nadat drie verdagtes hom eers geskiet en daarna sy vriendin beroof het. Die voorval het Saterdag (17 Junie) net ná middernag plaasgevind.

Die slagoffer het by sy vriendin se huis (op die plaas waar hy voorheen gewerk het) gekuier. Nadat sy gaan slaap het, het die rowers die huis betree en die vriend geskiet. Sy het wakker geskrik en die rowers het haar selfoon en kontant gevat. Hulle het op nog geld aangedring en haar na naburige huise gedwing.

Nog ‘n werker wat van sy skof teruggekeer het, is deur die rowers oorval en beroof. ‘n Buurvrou het hulle gesien en alarm gemaak waarna die boewe gevlug het.

Die gewonde man is na die Thelle Mogoerane Hospitaal (voorheen Natalspruit Hospitaal) geneem, waar hy later beswyk het.

Die SAPD vra dat enigeen met inligting oor die voorval Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0361 of SAPD Crime Stop by 08600 10111 skakel of SMS inligting na 32211.

Related Articles

Back to top button