Tannie Drien benodig hulp

Heidelberg bejaarde is 'n diabeet en het ook beroerte gehad.

DrienWagner (69) is ‘n diabeet wie se regter onderbeen reeds ‘n paar jaar gelede afgesit is. Sy het verlede maand ‘n beroerte gekry en haar spraak en regter arm is aangetas. Boonop het haar linkerkantste middeltoon gangreen ontwikkel. Haar familie het gevrees dat sy ook nou haar linkervoet sal verloor.

 

Sy is in Heidelberg Hospitaal opgeneem en haar dokter het besluit dat ‘n operasie te riskant sal wees. Haar voet reageer goed op behandeling en sy sal vandag (2 Mei) ontslaan word. Sy moet die hospitaal elke drie dae besoek sodat die verbande geruil en haar vordering dopgehou kan word.

 

Haar man Hans ontvang slegs ‘n staatspensioen en het hulp nodig met skenkings van volwasse doeke. Enigiemand wat die egpaar kan bystaan (ook met ander noodsaaklikhede) kan Hans by 079 217 9038 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version