Local newsNews

Ambulans self in ongeluk op pad na toneel

Emer-G-Med se ambulans rol in HF Verwoerdstraat.

Emer-G-Med se ambulans is waarskynlik afgeskryf toe hy vanoggend omstreeks 08:15 op pad na ‘n ongelukstoneel self in ‘n ongeluk op die hoek van Voortrekker en HF Verwoerdstraat betrokke was.

Die ambulans se sirenes en ligte was glo aan toe hy oor die rooi verkeerslig beweeg het. ‘n Vrou met ‘n Land Rover het die ambulans van die teenoorgestelde rigting getref, waarna die ambulans gerol het.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button