Jong mans aangerand toe hulle glo by huis inbreek

Mediese personeel haas na Spaarwater plotte nadat inwoners gereg in eie hande neem.

Elzona Meyer en haar span van Heidelberg Medic Volunteers moes gaan help toe twee tieners veelvuldige beserings opgedoen het nadat hulle vermoedelik op 11 April by ‘n huis in Spaarwater probeer inbreek het.

Die twee seuns (onderskeidelik 17 en 19) is deur ‘n groep bouers wat hulle na bewering op heterdaad betrap het vasgebind en aangerand. Die polisie en GPF-lede moes ingryp waarna mediese hulp ingeroep is.

Hulle is op die toneel behandel en na Natalspruit Hospitaal geneem waar die 17 jarige seun tans in ‘n koma is. Daar word beweer dat die nier van die 19 jarige intussen platgeval het.

Heidelberg SAPD het bevestig dat geen sake met betrekking tot die insident aanhangig gemaak is nie.

HERAUT het intussen ‘n onderhoud met een van die seuns se ouers gevoer. Die volledige berig sal in Woensdag 12 April se koerant verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version