CrimeNewsUpdate

Gewapende rowers slaan in Jordaanpark toe

Bejaarde egpaar vasgebind.

‘n Bejaarde sakeman (70), en sy vrou (65) is vanoggend omstreeks 06:20 by hul Jordaanpark huis deur drie rowers oorval.

Niemand is beseer nie en die rowers het met televisies, juwele en elektroniese toestelle in ‘n wit Mercedes, registrasie nommer CD52FXGP, in die rigting van Vereeniging gevlug.

Volgens Heidelberg SAPD het een van die mans ‘n vuurwapen gehad. Die rowers het die bekende sakeman by sy bakkie oorval en hom beveel om terug in die huis in te gaan waar hulle hom met cable ties vasgebind het.  Daar het hulle sy vrou ook voorgekeer en haar in ‘n badkamer toegesluit.

Die slagoffer se Mercedes (YDN04GP) is ook gesteel. Sy vrou is kort na die voorval na Life Suikerbosrand Hospitaal geneem waar sy behandeling vir skok ontvang het.

Persone wat die voertuig gewaar kan Adjudant Offisier W Wolmarans by 082 822 8367 skakel.

 

Een van die voertuie waarin die rowers gevlug het.

 

Follow us on:
Facebook Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button