CrimeNews

Gewapende rowers slaan toe in Nigel

Gesin gyselaar gehou terwyl diewe kluis leeg dra

Vyf gewapende rowers het omstreeks 06:00 vanoggend ‘n gesin in Leedsstraat, Ferryvale, oorval.

Die rowers het na bewering toegang tot die huis verkry toe die vrou besig was om haar voertuig uit die motorhuis te trek.

Die verdagtes het ingestorm, die vrou rondgeklap en haar man met kabelbinders (cable ties) vasgebind. Die rowers het die man geskop en geslaan en hulle het hom met sy lewe vir die kluissleutels gedreig.

 

 

Daar word vermoed dat hulle ten minste twee vuurwapens en ‘n televisiestel gesteel het.

Die verdagtes het met ‘n maroen Nissan Juke weggejaag.

*Meer inligting volg

 

Follow us on:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button