Waarskuwingsbord by gevaarlike middelman in Jacobsstraat aangebring ná HERAUT berig

Middelman het reeds een lewe geëis.

Gauteng Provinsiale Verkeersdepartement het ‘n groot, sigbare waarskuwingsteken by die gevaarlike middelman op die Heidelberg/Nigel-pad aangebring dae nadat HERAUT ‘n navraag hieroor aan Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se verkeersdepartement gerig het.

Marius Pretorius was bekommerd oor die toedrag van sake ná sy seun Mark ‘n jaar gelede hier verongeluk het. Voertuie het ook al reg deur ‘n gedenktuin wat vir Mark opgerig is, gejaag.

 

TOE……

 

…en NOU

LPM het aan HERAUT by monde van Arthur Thokoane (woordvoerder) gesê dat dit kommerwekkend is dat dié stuk pad (dit is digby Bergsig geleë) reeds ‘n lewe geëis het en dat die verkeersdepartement dit waardeer dat dit onder hul aandag gebring word.

 

‘n Groot blou hou-links rigting aanwyser is binne dae aan die begin van die middelman aangebring en die gras is kort gesny.

 

Oorlede Mark se gedenktuin.
Exit mobile version