Local newsNews

Geliefde Mnr Vis sterf ná stryd teen kanker

Onderwys en kinders was sy passie.

Mnr Jan van Heerden, geliefde oud-onderwyser en adjunkhoof van Hoër Volkskool, het sy stryd teen kanker verloor.

Mnr Vis (sy troetelnaam as gevolg van provinsiale kleure in swem) het in September uitgevind dat hy longkanker het. Ná komplikasies is hy in Life Suikerbosrand Hospitaal opgeneem, waar hy gistermiddag oorlede is.

Hy was vir 23 jaar (voor sy uittrede in 2015) as Geskiedenis en Afrikaanse onderwyser van Volkies bekend. Hy was ‘n simpatieke mens en sy beroep en leerders was sy passie.

Mnr Vis het baie tot die bevordering van die skool se swemspan bygedra en was ook hokkieafrigter.

Hy laat sy vrou Hannelie, ‘n seun en dogter asook twee kleinkinders agter.

Die familie bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning tydens Jan se siekte en afsterwe. ‘n Roudiens word Vrydag (10 Februarie) om 14:00 vanuit die Klipkerk gehou.

* Lees die volledige berig in more (8 Februarie) se uitgawe van HERAUT.

Related Articles

Back to top button