Local newsNews

Heidelberg se Bennett-familie vind dokter se vonnis onvanpas

'Hoe vergewe jy die man wat jou kind se dood veroorsaak het?'

Die narkotiseur wat skuldig bevind is aan nalatigheid ná die dood van Jaundré Bennett is vier jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar, verlede week in die hof in Vereeniging opgelê.

Die tweejarige Jaundré van Heidelberg is dood ná ‘n mangeloperasie op 4 Mei 2012 in die Vereeniging Medi Kliniek.

Jaundré se ma Geraldine, het aan HERAUT gesê dat die familie voel dat Dr Deon Kotzé se straf te lig is. “Ons weet hy is ‘n mens wat foute kan maak, maar sy fout het ons kind se lewe gekos.”

Die gesin is veral verbitterd omdat die dokter tot vandag toe nie verskoning gevra het nie.

 

2

Dit was ook moeilik om al Jaundré se kleuterskoolmaatjies vanjaar vir hul Graad 1-jaar by die skool te sien opdaag.

 

“Ons is nie haatdraend nie, maar as ouers is dit moeilik om die man wat jou kind se dood veroorsaak het, te vergewe,” het Geraldine gesê.

 

Die gesin hoop om nou op die positiewe te fokus en alles agter hulle te plaas.

(Lees die volledige berig in HERAUT van 1 Februarie).

 

3

 

Related Articles

Back to top button