Leef kreatiwiteit uit by koekversierders

Video! Maak die mooiste suikerblomme.

Oud en jonk kan aansluit by die Protea- (seniors) of Heide (juniors)-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde. Dié dames vergader een maal ‘n maand vir interessante demonstrasies waarna hulle dit self kan toepas.

Elizabeth Wilken van die Springs-tak het ‘n demonstrasie oor die gebruik van gereedskap tydens die dames se eerste vergadering gegee (sien video).

Die junior-tak is vir kinders onder 12 jaar oud en word een maal ‘n maand op ‘n Vrydag by Crime Stop se lapa op die Vereeniging-pad gehou. Die senior dames vergader een maal ‘n maand op ‘n Saterdag by dieselfde plek.

 

Die volgende vergadering is op 11 Februarie wanneer Deon Swarts die gasspreker en demonstrateur sal wees. Hy gaan wys hoe om koeke oor te trek (covering cakes). Die junior tak sal die daaropvolgende Vrydag (17 Februarie om 14:00 vergader).

Vir meer besonderhede kan Marnette Eva by 076 861 9254 geskakel word.

 

Hier is ‘n kort videogreep van Elizabeth se demonstrasie.

 

Exit mobile version