Local newsNews

Jeff se vriende hou fondsinsameling

Tref-en-trap ongeluk slagoffer kan al loop.

Jeff Ek (wat in November ernstig in ‘n tref-en-trap ongeluk beseer is) se vriende beoog ‘n fondsinsameling hierdie Saterdag (21 Januarie) om 18:00 by De Hoek Country Lodge. Kaartjies is R50 per persoon en sluit lekker musiek, ‘beer pong’, kompetisies, bonfires en kos in. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Dit gaan goed met Jeff en hy bly positief. Hy moes aanvanklik met ‘n rolstoel oor die weg kom, maar kan nou self kort ente met behulp van ondersteuning loop.

 

Hy oefen daagliks saam met terapeute in ‘n gimnasium en gebruik gewigte om sy arms en bolyf te versterk.

 

Jeff se heupfrakture het mooi geheg en die skeur in sy lewer (waar gal in sy buik gelek het) het ook ten volle herstel. Sy gekneusde hart en beskadigde longe het ook mooi herstel, maar hy sal vir die res van sy lewe sy longe moet oppas.

Sy familie bedank Elzona Meyer en haar span van Heidelberg Mediese Vrywilligers asook mediese personeel van Life Suikerbosrand Hospitaal wat gespook het om Jeff op die toneel aan die lewe te hou en nie moed opgegee het toe hy geen teken van lewe getoon het nie. Hulle bedank ook almal in Heidelberg en die res van die land wat Jeff konstant in hul gebede gehou het en die professore, dokters en personeel van Netcare Unie Hospitaal in Alberton vir hul toewyding.

Die skuldiges wat oor Jeff in ‘n goudkleurige Toyota Fortuner (met resiesfietse agterop) gery het, is steeds nie aangekeer nie. Enigiemand met inligting word gevra om Heidelberg Speurtak by 016 341 5175 te skakel.

Die gesin het ook hulp nodig met mediese uitgawes wat nie deur hul mediese fonds gedek word nie. Kaartjies vir die fondsinsameling kan by Marinda by 082 770 9864 bespreek word.

Related Articles

Back to top button